2 Chronicles 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar, en die Kusiete is omvergewerp, sodat hulle nie kon herstel nie; want hulle is verdelg voor die aangesig van die HERE en voor sy leër; en hulle het baie buit weggevoer.
Afrikaans (NLV) 2011 Asa en sy leër het hulle agtervolg tot so ver as Gerar. Daar het so baie van die Kussiete omgekom dat hulle leër nie weer kon herstel nie. Hulle is deur die Here en sy leër verslaan, en die leër van Juda het baie goedere buitgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem;
Afrikaans 1983 het Asa en die manne by hom hulle agtervolg tot by Gerar, en daar het soveel Kussiete gesneuwel dat hulle leër nie kon herstel nie. Hulle is deur die Here en sy leër uitmekaargeslaan. Die Judeërs het 'n groot hoeveelheid buit gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar. Van die Kussiete het daar soveel gesneuwel dat nie een van hulle oorleef het nie. Ja, hulle is verpletter voor die Here en sy leër. Die Judeërs het 'n baie groot buit geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Asa en sy manne het die Kussiete gevolg en gejaag tot by die stad Gerar. Die Kussiete het almal in die oorlog gesterf. Die Here en sy leër het die Kussiete heeltemal oorwin. Die Judeërs het baie van die Kussiete se goed gevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa en sy soldate het hulle tot by Gerar agtervolg. Soveel Etiopiërs is in die veldslag dood dat dit onmoontlik was om hulle te organiseer. Hulle is deur die Here en sy leër vernietig. Die Judese soldate het baie buit afgeneem.