2 Chronicles 14:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Asa die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, dit is niks by U om te help nie, nie met baie of by die wat geen krag het nie; help ons, HERE onse God! want ons rus op U, en in u Naam gaan ons teen hierdie menigte. O HERE, U is ons God; laat geen mens jou oorweldig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het na die Here sy God om hulp geroep en gesê: “Here, niemand behalwe U kan dié wat hulpeloos is, help teen dié wat magtig is nie. Help ons, Here ons God, want ons vertrou net op U alleen. Dit is in u Naam dat ons teen hierdie hordes stelling ingeneem het. Here, U is ons God; moenie toelaat dat blote mense teen U seëvier nie!”
Afrikaans 1933/1953 En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.
Afrikaans 1983 Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: “Here, net U kan die swakke teen 'n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in u Naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat 'n méns teen U seëvier nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: “ Here, niemand is soos U om hulp te verskaf in 'n geveg tussen dié wat baie is en dié wat kragteloos is nie. Help ons, Here ons God, want op U steun ons, en in u Naam kom ons teen hierdie menigte te staan. Here, U is ons God; laat sterflinge nie teen U die oorhand kry nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Asa het tot sy God die Here gebid en gesê: “Here, net U kan help wanneer baie mense oorlog wil maak teen mense wat nie sterk is nie. Ons God die Here, U moet ons help, want ons glo dat U dit kan doen. Ons behoort aan U, en ons glo dat U ons sal help om oorlog te maak teen hierdie klomp mense. Here, U is ons God, U moenie dat mense U keer nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Asa was bang en het vir die Here sy God gesê: “Here, U steur U mos nie aan getalle wanneer U iemand help nie. Help ons tog nou, o Here! Ons vertrou op U en ons veg teen hierdie skare in u Naam. Here, U is ons God. Menslike krag kan nie teen U standhou nie.”