2 Chronicles 14:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abía het ontslaap met sy vaders, en hulle het hom begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Asa het in sy plek geregeer. In sy dae was die land tien jaar stil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Abia sterf, is hy begrawe in die Dawidstad. Sy seun Asa het hom opgevolg. Daar was vir tien jaar lank vrede in die land, |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ab¡a het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus. |
| Afrikaans 1983 | Abia is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Asa het hom as koning opgevolg en in dié se tyd het die land tien jaar lank vrede gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abia het by sy voorouers gaan rus, en hulle het hom in die •Stad van Dawid begrawe. Sy seun Asa het in sy plek koning geword, en in sy tyd het die land tien jaar lank rus gehad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abia het gesterf, en hulle het hom begrawe in die Dawidstad. Sy seun Asa het koning geword ná hom. In die tyd toe Asa koning was, was daar tien jaar lank vrede in die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abia is oorlede en hy is in die Dawidstad begrawe. Sy seun Asa het na hom koning geword. Hy het gesorg vir tien jaar van rus in die land. |