2 Chronicles 13:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van Aäron en die Leviete verdryf, en julle priesters aangestel volgens die gebruik van die nasies van ander lande nie? sodat elkeen wat kom om hom te wy met 'n jong bul en sewe ramme, hy 'n priester kan wees van die wat geen gode is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het die priesters, die nageslag van Aäron, en die Leviete van die Here verjaag en julle eie priesters aangestel, net soos die heidennasies. Julle laat deesdae enigiemand toe om as priester te dien! Wie ook al kom met ’n jong bees en sewe ramme kan ’n priester word van hierdie sogenaamde gode van julle! |
| Afrikaans 1933/1953 | Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, die het priester geword van die wat geen gode is nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle het die priesters van die Here, die nageslag van Aäron, en ook die Leviete verdryf en vir julle priesters aangestel soos die volke in ander lande doen: elkeen wat 'n bul of sewe skape gebring het, het priester geword vir daardie afgode van julle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het julle nie die priesters van die Here, die nageslag van Aäron, en die Leviete, uitgedryf en vir julleself priesters gemaak soos die volke van ander lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om homself te wy, word 'n priester vir nie-gode! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het die priesters van die Here, die nageslag van Aäron, weggejaag, en ook die Leviete, en julle het vir julle priesters gekies en aangestel soos die volke van ander lande doen. Elkeen wat gekom het en wat 'n bees en sewe skaap-ramme gebring het om homself te laat wy, het 'n priester geword vir gode wat nie gode is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarby het julle die priesters van die Here en die Leviete weggejaag. Julle stel sommer julle eie priesters aan, net soos die vreemde nasies in ander lande. Enigiemand wat daar by julle opdaag met ’n jong bul en sewe ramme kan, as hy wil, ’n priester word vir daardie sogenaamde gode van julle. |