2 Chronicles 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou dink julle om die koninkryk van die HERE te weerstaan in die hand van die seuns van Dawid; en julle word 'n groot menigte, en daar is goue kalwers by julle wat Jeróbeam vir julle vir gode gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dink julle regtig dat julle in opstand kan kom teen die koninkryk van die Here wat deur die afstammeling van Dawid gelei word? Julle leër is inderdaad groot, maar saam met julle is die goue kalwers wat Jerobeam tot gode verhef het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die HERE in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jerobeam vir julle as gode gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Nou wil julle die koninklike mag van die Here weerstaan wat Hy aan die nageslag van Dawid toevertrou het. Júlle is baie en julle het die goue kalwerbeelde by julle wat Jerobeam vir julle vir gode gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En nou dink julle dat julle julleself kan handhaaf teen die koningskap van die Here, wat in die hand van Dawid se nageslag is, terwyl julle so 'n groot menigte is en daar by julle goue kalwers is wat Jerobeam vir julle as gode gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou dink julle dat julle sterk kan wees teen die land van die Here, die land waaroor Hy vir Dawid en sy seuns laat regeer. Julle is 'n groot klomp manne en julle het die kalfbeelde by julle, die beelde wat Jerobeam laat maak het om julle gode te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Glo julle regtig dat julle staande sal kan bly teen die koninkryk van die Here wat deur ’n afstammeling van Dawid gelei word? “Julle leër is wel baie groot, maar julle gode is daardie goue kalwerbeelde wat Jerobeam vir julle gemaak het. |