2 Chronicles 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het ydele manne by hom versamel, die kinders van Belial, wat hulle versterk het teen Rehábeam, die seun van Salomo, toe Rehábeam jonk en teer van hart was en hulle nie kon weerstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ’n hele bende skurke by hom aangesluit en Salomo se seun Rehabeam uitgedaag toe hy nog jonk en onervare was en nie teen hulle kon standhou nie.
Afrikaans 1933/1953 En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Reh beam, die seun van Salomo; en Reh beam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie.
Afrikaans 1983 en 'n klomp roekelose boewe het om hom saamgekoek. Hulle was te sterk vir Rehabeam seun van Salomo, want hy was nog jonk en sag en kon hom nie teen hulle handhaaf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ongedissiplineerde manne, deugniete, het om hom byeengekom en kragte saamgesnoer teen Rehabeam, seun van Salomo. Rehabeam was jonk en onervare en kon hom nie teen hulle handhaaf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Klomp slegte mense wat niks beteken het nie, het by hom bymekaargekom en hulle was te sterk vir Rehabeam seun van Salomo. Rehabeam was nog jonk en swak en hy kon nie wen teen hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy en ’n bende nikswerd mense het saamgespan teen Salomo se seun en opvolger Rehabeam. Rehabeam was toe nog jonk en onervare. Daarom kon hy nie teen hulle standhou nie.