2 Chronicles 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moet julle nie weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid gegee het vir ewig, aan hom en sy seuns deur 'n soutverbond nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Besef julle nie dat die Here die God van Israel ’n onbreekbare verbond met Dawid gesluit het dat sy nageslag vir altyd op die troon van Israel sal sit nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie? |
| Afrikaans 1983 | Julle weet tog dat die Here die God van Israel die koningskap oor Israel vir altyd aan Dawid en sy nageslag gegee het. Dit is 'n onverbreekbare verbond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is dit nie aan julle bekend dat die Here, die God van Israel, die koningskap oor Israel vir altyd aan Dawid, aan hom en sy nageslag, gegee het deur 'n verbond van sout nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle weet dat die Here, die God van Israel, vir Dawid en sy nageslag belowe het dat een van hulle altyd koning van Israel sal wees. Hy het met Dawid 'n verbond gemaak wat Hy nooit sal breek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle weet tog dat die Here, Israel se God, die koningskap van Israel vir Dawid en sy nageslag gegee het. Hy het belowe dat dit vir altyd so sou wees. |