2 Chronicles 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abía het die geveg opgestel met 'n leër van dapper krygsmanne, vierhonderd duisend uitgesoekte manne; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Juda, gelei deur koning Abia, het 400 000 geoefende soldate gehad, terwyl Jerobeam opgetrek het met 800 000 dapper manne. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ab¡a het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vier honderd duisend jong manskappe; en Jerobeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agt honderd duisend jong manskappe, dapper helde. |
| Afrikaans 1983 | Abia het die oorlog begin met 'n mag van vier honderd duisend uitgesoekte soldate, en Jerobeam het hom teengestaan met ag honderd duisend man, ook uitgesoekte soldate. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abia het die geveg begin met 'n leër van heldhaftige vegters – vierhonderdduisend uitgesoektes. Jerobeam het teenoor hom gevegslinies van agthonderdduisend opgestel, uitgesoekte manne, dapper krygers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abia het die oorlog begin met 'n leër van 400 000 manne, dit was sy beste manne wat hy laat uitsoek het. Hulle was manne wat goed oorlog kon maak. Jerobeam het vir hom gewag met 800 000 manne, dit was ook sý beste manne, manne wat geweet het hoe om oorlog te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abia het met 400 000 uitgesoekte soldate van Juda gaan veg. Jerobeam het oor 800 000 dapper soldate van Israel beskik. |