2 Chronicles 13:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verdere geskiedenis van Abía en sy weë en sy woorde is beskrywe in die verhaal van die profeet Iddo. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse gedurende sy bewind, sy woorde en dade, is opgeteken in Die kommentaar van Iddo die profeet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die verdere geskiedenis van Ab¡a, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo. |
| Afrikaans 1983 | Die res van die verhale oor Abia, wat hy gedoen en gesê het, is opgeteken in Die Kommentaar van die Profeet Iddo. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die verdere geskiedenis van Abia, sy ondernemings en sy woorde, is opgeteken in die geskrif van Iddo, die profeet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander dinge wat Abia gedoen het, hoe hy gelewe het en wat hy gesê het, is geskryf in die Verduidelikings van die profeet Iddo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van Abia se geskiedenis, wat hy gedoen en gesê het, is in Die Kommentaar van die Profeet Iddo opgeskryf. |