2 Chronicles 13:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abía het Jeróbeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jesana met sy onderhorige plekke, en Efrain met sy onderhorige plekke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abia en sy leër het Jerobeam se magte agternagesit en sommige van die dorpe, insluitend Bet-El, Jesana en Efron, asook die omliggende dorpies beset. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ab¡a het Jerobeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: Bet-el met sy onderhorige plekke, en Jes na met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke. |
| Afrikaans 1983 | Abia het sy oorwinning oor Jerobeam opgevolg met die besetting van verskeie van Jerobeam se stede: Bet-El, Jesana en Efron, elkeen met sy voorposte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abia het Jerobeam agternagesit en dorpe van hom afgeneem: Bet-El met sy omliggende dorpies, Jesana met sy omliggende dorpies en Efron met sy omliggende dorpies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abia het vir Jerobeam gevolg en gejaag en hy het 'n paar stede van Jerobeam gevat. Dit was Bet-El en die dorpies daar naby, Jesana en die dorpies daar naby, en Efrajin en die dorpies daar naby. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abia en sy leër het Jerobeam-hulle agtervolg en ’n paar Israelitiese stede, soos Bet-El, Jesana en Efron, met hulle omliggende dorpies, beset. |