2 Chronicles 13:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So is dan die kinders van Israel in dié tyd ondergebring, en die kinders van Juda het die oorhand gekry, omdat hulle op die HERE, die God van hulle vaders, gesteun het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Juda het Israel verslaan omdat hulle op die Here die God van hulle voorouers vertrou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel is in die tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die HERE, die God van hulle vaders, gesteun het. |
| Afrikaans 1983 | So is die Israeliete destyds 'n vernederende neerlaag toegedien, en het Juda die oorhand gekry omdat hulle gesteun het op die Here, die God van hulle voorvaders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete is by dié geleentheid verneder, en die Judeërs het die oorhand gehad, omdat hulle op die Here, die God van hulle voorouers, gesteun het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So het die mense van Israel daardie oorlog verloor. Die Judeërs was die sterkste omdat hulle geglo het dat die Here, die God van hulle voorvaders, hulle sal help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So het Juda vir Israel verslaan omdat hulle op die Here, die God van hulle voorouers, vertrou het. |