2 Chronicles 13:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abía en sy volk het hulle met 'n groot slagting verslaan, sodat daar vyf honderd duisend uitgesoekte manne uit Israel gesneuwel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abia en sy leër het ’n groot slagting aangerig. Daar was 500 000 gesneuweldes onder die uitgesoekte leër van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ab¡a met sy manskappe het 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyf honderd duisend jong manskappe as gesneuweldes geval het. |
| Afrikaans 1983 | Abia en sy manne het 'n groot slagting onder hulle aangerig. Vyf honderd duisend van Israel se uitgesoekte manne het gesneuwel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abia en sy manskappe het 'n groot slagting onder hulle aangerig – van Israel het daar vyfhonderdduisend uitgesoekte manskappe as gesneuweldes bly lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abia en sy manne het gewen en hulle het baie manne doodgemaak. Daar het 500 000 manne van Israel in die oorlog gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Abia en sy manne het Israel groot verliese toegedien: daar is op dié dag 500 000 van Israel se uitgesoekte soldate dood. |