2 Chronicles 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die manne van Juda 'n geroep, en terwyl die manne van Juda uitgeroep het, het God Jeróbeam en die hele Israel voor Abia en Juda verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 en die manne van Juda het ’n oorlogskreet aangehef. God het Jerobeam en die hele leër van Israel ’n neerlaag teen Abia en Juda laat ly.
Afrikaans 1933/1953 Daarop hef die manskappe van Juda 'n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jerobeam en die hele Israel voor Ab¡a en Juda verslaan.
Afrikaans 1983 Die manskappe van Juda het die oorlogskreet aangehef, en God het Jerobeam en die hele Israel 'n neerlaag laat ly teen Abia en Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van Juda het die oorlogskreet aangehef. Toe die manne van Juda die oorlogskreet aanhef, het God vir Jerobeam en die hele Israel voor Abia en Juda uit verslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne van Juda het hard geskree dat die oorlog moet begin, en toe hulle dit doen, het God vir Jerobeam en al die manne van Israel die oorlog laat verloor teen Abia en Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manne van Juda het ’n oorlogskreet geskree. Toe het die Here Jerobeam en die Israeliete voor Abia en Juda verslaan.