2 Chronicles 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Juda terugkyk, was die geveg van voor en van agter, en hulle het die HERE aangeroep, en die priesters het op die trompette geblaas.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Juda agterkom dat hulle van voor en van agter aangeval word, het hulle tot die Here om hulp geroep. Die priesters het hulle trompette geblaas
Afrikaans 1933/1953 En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die HERE aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.
Afrikaans 1983 Toe die Judeërs omkyk en sien hulle word van voor en van agter bedreig, het hulle na die Here om hulp geroep en het die priesters die trompette geblaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Juda omdraai – kyk, toe is die geveg voor en agter hulle! Hulle het na die Here om hulp geroep terwyl die priesters op die trompette blaas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Judeërs omdraai en kyk, toe sien hulle Jerobeam se manne voor hulle en agter hulle. Hulle het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help, en die priesters het die trompette geblaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Judeërs het skielik besef dat hulle van albei kante aangeval word. Hulle het die Here gevra om hulle te help. Die priesters het intussen op die trompette geblaas.