2 Chronicles 13:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, God self is by ons vir ons owerste, en sy priesters met basuingeluidende trompette om alarm te roep teen julle. O kinders van Israel, veg nie teen die HERE, die God van julle vaders nie; want julle sal nie voorspoedig wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk net, God is aan ons kant. Hy is ons Leier. Sy priesters blaas hulle trompette en lei ons in die geveg teen julle. Israeliete, moenie teen die Here die God van julle voorouers veg nie, want julle sal nie suksesvol wees nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die HERE, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons het die Here self by ons as leier, en sy priesters staan reg om die trompette te blaas dat die stryd teen julle kan begin. Israeliete, moenie teen die Here, die God van julle voorvaders, veg nie. Julle kan nie wen nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, by ons is God aan die hoof, en sy priesters met die trompette is gereed om die oorlogskreet teen julle aan te hef. Israeliete, moenie in 'n geveg teen die Here, die God van julle voorouers, betrokke raak nie, want julle sal nie slaag nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle moet dit weet, God lei ons, en sy priesters het die trompette wat hulle moet blaas sodat die oorlog teen julle kan begin. Israeliete, julle moenie oorlog maak teen die Here, die God van julle voorvaders, nie, want julle sal nie wen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kyk maar! Die Here is self ons bevelvoerder en die priesters staan reg om die trompette te blaas dat ons julle kan aanval! Israeliete, moet tog nie oorlog maak teen die Here, die God van julle voorouers, nie. Julle kan tog nie wen nie!” |