2 Chronicles 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het vir die HERE elke môre en elke aand brandoffers en reukwerk van speserye aan die brand gesteek; en die toonbrode het hulle op die rein tafel gerangskik; en die goue kandelaar met sy lampe om elke aand te brand; maar julle het hom verlaat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle bring brandoffers en wierook aan die Here, elke oggend en elke aand. Hulle sit die offerbrode op die heilige tafel, en hulle steek elke aand die goue kandelare se lampe op. Ons volg die voorskrifte van die Here ons God, maar julle het Hom verlaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar julle het Hom verlaat. |
| Afrikaans 1983 | Hulle bring elke môre en elke aand vir die Here brandoffers en geurige wierookoffers, hulle sit gereeld die offerbrood op 'n rein tafel en steek elke aand die goue kandelaar se lampe op. Ons onderhou nog die diens van die Here ons God, maar júlle het Hom verlaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle verbrand elke oggend en elke aand •brandoffers en geurige reukwerk vir die Here. Brood is gerangskik op die rein tafel en die goue menora is daar en sy lampe moet elke aand brand. Ja, ons kom die verpligtinge teenoor die Here ons God na, maar julle het Hom verlaat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters offer elke oggend en elke aand brand-offers en wierook wat lekker ruik, hulle sit die offer-brood reg op 'n rein tafel, en hulle kyk dat die lampe van die goue lampstaander elke aand brand, want ons doen wat ons moet doen vir ons God die Here. Maar julle het Hom gelos. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle offer elke oggend en elke aand diere en geurige wierook vir die Here; hulle sit gereeld offerbrood op die tafel wat daarvoor skoongemaak is en hulle steek elke aand die lampe van die goue kandelaar op. “Ons doen presies wat die Here ons God vir ons sê, maar julle het Hom verlaat. |