2 Chronicles 13:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat ons aangaan, die HERE is ons God, en ons het Hom nie verlaat nie; en die priesters wat die HERE dien, is die seuns van Aäron, en die Leviete wag op hulle werk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar wat ons betref, die Here is ons God. Ons het Hom nie verlaat nie. Net die afstammelinge van Aäron dien die Here as priesters, en net die Leviete mag hulle in hulle werk help. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ons -- die HERE is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die HERE, en die Leviete is in die dienswerk. |
| Afrikaans 1983 | “Óns dien die Here ons God; óns het Hom nie verlaat nie. Die priesters wat die diens van die Here verrig, is uit die geslag van Aäron, en die Leviete staan hulle by. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar óns, die Here is ons God en ons het Hom nie verlaat nie. Die priesters wat die Here dien, is die nageslag van Aäron, en die Leviete is in sy diens. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons? Die Here is ons God, ons het Hom nie gelos nie. Ons het priesters van die nageslag van Aäron, hulle werk vir die Here, en die Leviete help om die werk te doen wat die priesters moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “By ons is dit heeltemal anders: die Here is ons God en ons bly steeds gehoorsaam aan Hom. Ons priesters kom almal uit die nageslag van Aäron en die Leviete doen diens by die tempel. |