2 Chronicles 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het Sisak, die koning van Egipte, teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles geneem; ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Sisak van Egipte het Jerusalem binnegekom en al die skatte van die tempel van die Here en van die koninklike paleis, asook al die goue skilde van Salomo, weggeneem.
Afrikaans 1933/1953 En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.
Afrikaans 1983 Koning Sisak van Egipte het teen Jerusalem opgetrek en beslag gelê op die skatte in die huis van die Here en die paleis. Hy het alles gevat, ook die goue skilde wat Salomo laat maak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Sisak, die koning van Egipte, teen Jerusalem opgetrek het, het hy die skatte van die huis van die Here en die skatte van die koninklike paleis gevat; dit alles het hy gevat. Hy het ook al die goue skilde wat Salomo gemaak het, gevat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Sisak van Egipte het na Jerusalem gekom en hy het al die kosbare goed gevat wat in die tempel en in die paleis was. Hy het alles gevat, ook die goue skilde wat Salomo laat maak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Sisak van Egipte het Jerusalem ingekom en beslag gelê op al die skatte wat in die tempel en die paleis gestoor was. Hy het ook die goue skilde gevat wat Salomo laat maak het.