2 Chronicles 12:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle sal sy dienaars wees; sodat hulle my diens kan ken en die diens van die koninkryke van die lande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle sal sy onderdane word sodat hulle kan leer dat dit baie beter is om My te dien as om heersers van ander lande te dien.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken! |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle sal aan hom onderhorig word, en hulle sal agterkom wat dit is om My te dien en wat dit is om die konings van ander lande te dien.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar hulle sal sy onderdane word, sodat hulle sal ervaar wat diens aan My inhou teenoor diens aan die koninkryke van ander lande.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hulle sal vir Sisak moet dien, en hulle sal uitvind hoe dit is om My te dien en hoe dit is om konings van ander lande te dien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal wel vir ’n ruk sy onderdane word sodat hulle kan leer hoeveel beter dit is om My te dien in plaas van ’n aardse koning.” |