2 Chronicles 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die HERE sien dat hulle hulleself verneder het, het die woord van die HERE tot Semája gekom en gesê: Hulle het hulleself verneder; daarom sal Ek hulle nie vernietig nie, maar Ek sal hulle 'n mate van verlossing gee; en my toorn sal nie oor Jerusalem uitgestort word deur die hand van Sisak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Here die verandering van gesindheid by hulle sien, het Hy die volgende boodskap aan Semaja gegee: “Aangesien die volk hulleself verootmoedig het, sal Ek hulle nie heeltemal vernietig nie, maar binnekort verligting gee. Ek sal Sisak nie gebruik om my toorn oor Jerusalem uit te stort nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Sem ja en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Here hulle berou sien, kom sy woord weer tot Semaja en sê: “Hulle is vol berou. Ek sal hulle nie uitroei nie. Ek sal hulle gou uit die greep van Sisak laat vrykom en my toorn oor Jerusalem nie deur Sisak laat losbreek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Here sien dat hulle hulle verootmoedig, het die woord van die Here tot Semaja gekom: “Hulle verootmoedig hulle. Ek sal hulle nie vernietig nie, maar sal binnekort vir hulle uitkoms bied. My woede sal nie oor Jerusalem uitgestort word deur die hand van Sisak nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe die Here sien dat hulle hulleself verneder het, het Hy vir Semaja gesê: “Hulle het hulleself verneder, daarom sal Ek hulle nie almal laat sterf nie. Ek sal hulle nie so swaar straf soos Ek hulle wou straf nie, Ek sal nie vir Sisak gebruik om die mense van Jerusalem te laat voel hoe kwaad Ek regtig is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die Here sien hoe jammer hulle is, het Hy weer vir Semaja ’n boodskap gegee: “Hulle is jammer oor hulle sonde. Maar Ek gaan hulle nie heeltemal vernietig nie. Ek sal nie nou vir Sisak gebruik om al my woede op Jerusalem uit te haal nie. |