2 Chronicles 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom die profeet Semaja by Rehábeam en by die vorste van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Julle het My verlaat, en daarom het Ek julle ook in die hand oorgelaat van Shishak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die profeet Semaja het met Rehabeam en die leiers van Juda wat almal uit vrees vir Sisak na Jerusalem toe gevlug het, gepraat. Semaja het gesê: “Dit is wat die Here sê: Julle het My verlaat; daarom het Ek julle verlaat en aan Sisak oorgegee.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop kom die profeet Sem ja na Reh beam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Julle het My verlaat; daarom gee k julle ook oor in die hand van Sisak.
Afrikaans 1983 Die profeet Semaja kom toe na Rehabeam en die leiers van Juda toe wat in Jerusalem saamgetrek het uit vrees vir Sisak, en sê vir hulle: “So sê die Here: Julle het My verlaat, en nou het Ek julle verlaat en is julle in Sisak se mag.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Semaja, die profeet, kom toe na Rehabeam en na die •aanvoerders van Juda wat vanweë Sisak se optrede in Jerusalem byeengekom het, en sê vir hulle: “So sê die Here, ‘Júlle het My verlaat, nou laat Ek julle op my beurt in die hand van Sisak.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die amptenare van Juda het weggevlug van Sisak en hulle het in Jerusalem bymekaargekom by Rehabeam. Die profeet Semaja het na hulle toe gekom en hy het vir hulle gesê: “Die Here sê: Julle het My gelos, daarom het Ek julle gelos, sodat Sisak met julle kan doen wat hy wil.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Semaja, die profeet, het Rehabeam en die leiers van Juda gaan opsoek. Hulle was in Jerusalem bymekaar om te besluit hoe hulle op Sisak se aanval moes reageer. Semaja het vir hulle gesê: “Hier is die Here se boodskap vir julle: ‘Julle het My in die steek gelaat; daarom laat Ek julle nou met Sisak se aanval in die steek.’”