2 Chronicles 12:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur dat in die vyfde jaar van koning Rehábeam, Sisak, die koning van Egipte, teen Jerusalem opgetrek het, omdat hulle teen die HERE oortree het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat hulle ontrou was aan die Here, het Hy koning Sisak van Egipte teen Jerusalem laat optrek. Dit was in die vyfde jaar van koning Rehabeam se bewind. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Reh beam, teen Jerusalem opgetrek -- omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het -- |
| Afrikaans 1983 | Hulle was ontrou aan die Here, en daarom het Hy vir koning Sisak van Egipte teen Jerusalem laat optrek. Dit was in die vyfde jaar van Rehabeam se regering. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat hulle ontrou was aan die Here, gebeur dit toe dat Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde regeringsjaar van koning Rehabeam optrek teen Jerusalem |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En omdat hulle ontrou geword het aan die Here, het koning Sisak van Egipte vir Jerusalem kom aanval. Dit was in die vyfde jaar nadat Rehabeam koning geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As gevolg van hulle ongehoorsaamheid aan die Here het koning Sisak van Egipte Jerusalem aangeval. Dit het gebeur in die vyfde jaar dat Rehabeam regeer het. |