2 Chronicles 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die geskiedenis van Rehábeam, die eerste en die laaste, is dit nie beskrywe in die boek van die profeet Semája en van die siener Iddo aangaande die geslagsregisters nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander gebeurtenisse tydens Rehabeam se regering, van die begin af tot die einde, is opgeteken in Die vertellings van die profeet Semaja en die siener Iddo, wat deel is van die geslagsregister. Rehabeam en Jerobeam het gedurig met mekaar oorlog gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die geskiedenis van Reh beam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Sem ja en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Reh beam en Jerobeam. |
| Afrikaans 1983 | Die verhale oor Rehabeam, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in Die Verhale van die Profeet Semaja en die Siener Iddo, wat oor die geslagsregister handel. Daar was deurentyd oorlog tussen Rehabeam en Jerobeam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vroeëre en latere geskiedenis van Rehabeam, is dit nie as 'n geslagsregister opgeteken in die Geskiedenis van Semaja die profeet en Iddo die siener nie? Daar was voortdurend oorlog tussen Rehabeam en Jerobeam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die dinge wat Rehabeam voorheen en later gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die profeet Semaja en van die siener Iddo. Hulle het dit in die naamlys geskryf. Hulle het ook geskryf oor die oorloë wat daar altyd tussen Rehabeam en Jerobeam was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van Rehabeam se geskiedenis, van begin tot einde, is opgeskryf in Die Herinneringe van Semaja, die Profeet en Die Herinneringe van Iddo, die Siener en in die amptelike geslagsregisters. Rehabeam en Jerobeam het gedurig teen mekaar oorlog gemaak. |