2 Chronicles 12:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het koning Rehábeam hom in Jerusalem versterk en geregeer; want Rehábeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel uitgekies het om te stel en sy naam daar. En die naam van sy moeder was Naäma, 'n Ammonitiese.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Rehabeam het homself goed gevestig in Jerusalem en het voortgegaan om daar te regeer. Hy was 41 jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar in Jerusalem regeer. Dis die stad wat die Here uit al die stamme van Israel gekies het om sy Naam daar te vestig. Rehabeam se ma was Naäma, ’n vrou uit Ammon.
Afrikaans 1933/1953 En koning Reh beam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Reh beam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
Afrikaans 1983 Koning Rehabeam het 'n stewige houvas op die koningskap in Jerusalem gehad en het aangehou regeer. Hy was een en veertig toe hy koning geword het en was sewentien jaar lank koning in Jerusalem, die stad wat deur die Here onder al die Israelitiese stamme gekies is om sy Naam daar te vestig. Rehabeam se ma was Naäma, 'n Ammonitiese vrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Rehabeam het sy posisie in Jerusalem versterk en het aanhou regeer. Ja, Rehabeam was een-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het sewentien jaar lank as koning geheers in Jerusalem, die stad wat die Here gekies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. Die naam van Rehabeam se moeder was Naäma, die Ammoniet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Rehabeam was lank koning in Jerusalem. Hy was 41 jaar oud toe hy koning geword het en hy was 17 jaar lank koning in Jerusalem. Jerusalem was die stad wat die Here gekies het van al die stede van die stamme van Israel. Die Here het Jerusalem gekies om aan Hom te behoort. Rehabeam se ma was die Ammonitiese vrou Naäma.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rehabeam het sy posisie in Juda versterk en aanhou regeer. Hy was 41 toe hy koning geword het en hy het sewentien jaar lank in Jerusalem regeer. Dit is die stad wat die Here onder al die stamme van Israel uitgekies het as die plek waar Hy vereer wou word. Rehabeam se ma was Naäma, ’n Ammonitiese vrou.