2 Chronicles 12:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die koning in die huis van die HERE ingegaan het, het die wagte gekom en hulle gaan haal en teruggebring in die wagkamer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Telkens wanneer die koning na die tempel van die Here gegaan het, het die lyfwagte die skilde saamgedra en daarna teruggeneem na die wagte se kamer. |
| Afrikaans 1933/1953 | So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers. |
| Afrikaans 1983 | Elke keer wanneer die koning na die huis van die Here toe gegaan het, het die wag die skilde gedra, en daarna het hulle die skilde teruggebring na die wagte se kamer toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Telkens wanneer die koning die huis van die Here binnegegaan het, het die hardlopers ook ingegaan en die skilde gedra, maar dit daarna weer teruggeneem na die wagkamer van die hardlopers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke maal wanneer die koning na die tempel gegaan het, dan het die wagte gekom en hulle het die skilde gedra. Daarna het hulle die skilde teruggebring na die wagte se kamer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die koning tempel toe gegaan het, het die wagte die skilde saamgedra. Daarna het hulle dit in die wagkamer teruggesit. |