2 Chronicles 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die plek daarvan het koning Rehabeam koperskilde gemaak en dit in die hande van die owerste van die lyfwagte oorgegee wat die ingang van die koning se huis bewaar het.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Rehabeam het dit later vervang met bronsskilde en dit toevertrou aan die bevelvoerder van die wag wat die ingang na die koninklike paleis bewaak het.
Afrikaans 1933/1953 Toe maak koning Reh beam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.
Afrikaans 1983 Koning Rehabeam het toe bronsskilde in die ander se plek laat maak en dié oorhandig aan die offisiere van die wag wat by die ingang van die paleis diens gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Rehabeam het toe in die plek daarvan bronsskilde gemaak. Hy het dit toevertrou aan die bevelvoerders van die hardlopers wat die ingang na die koninklike paleis bewaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Rehabeam het toe ander skilde laat maak, skilde van brons, en hy het die skilde vir die hoofde van die wagte gegee wat waggestaan het voor die paleis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Rehabeam het toe bronsskilde in die plek daarvan gemaak. Hy het dit in die sorg gelaat van die bevelvoerders van die wagte wat die tempel se ingang opgepas het.