2 Chronicles 12:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Rehábeam die koningskap bevestig en homself versterk het, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe Rehabeam se koningskap goed gevestig en hy sterk was, het hy die voorskrifte van die Here verontagsaam. Die hele Israel het sy voorbeeld gevolg.
Afrikaans 1933/1953 En toe Reh beam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.
Afrikaans 1983 Rehabeam was nouliks goed gevestig in sy koningskap en seker van sy mag, of hy en die hele Israel saam met hom het die woord van die Here verontagsaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Rehabeam se koningskap stewig gevestig was en hy magtig geword het, het hy die wet van die Here verlaat, en die hele Israel saam met hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Rehabeam seker was dat hy koning is en toe hy sterk geword het, het hy en al die Israeliete saam met hom opgehou om te doen wat die Here wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Rehabeam sy koningskap goed gevestig het, het hy onafhanklik begin optree. Hy het die Here se wet verwerp. Die hele Israel het dieselfde begin doen.