2 Chronicles 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers nie veg nie; keer terug, elkeen na sy huis, want hierdie ding is aan My gedoen. En hulle het na die woorde van die HERE geluister en teruggekeer van die trek teen Jeróbeam.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Dit is wat die Here sê: Moenie teen julle bloedverwante optrek en veg nie. Gaan terug huis toe, want wat gebeur het, kom van My af.’” Hulle het die boodskap van die Here gehoorsaam en nie teen Jerobeam opgetrek nie.
Afrikaans 1933/1953 So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die HERE en omgedraai sonder om teen Jerobeam op te trek.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Moenie optrek en teen julle broers veg nie. Gaan terug, elkeen na sy huis toe, want wat gebeur het, kom van My af.” Hulle het geluister na die woorde van die Here en die veldtog teen Jerobeam laat vaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘So sê die Here: “Julle mag nie optrek nie, en julle mag nie teen julle broers veg nie. Keer terug, elkeen na sy huis, want wat gebeur het, is deur my toedoen. ” ’ ” Hulle het die woorde van die Here gehoorsaam en teruggekeer van die veldtog teen Jerobeam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: Julle moenie oorlog gaan maak teen julle broers nie. Julle moet teruggaan, elkeen na sy huis, want dit is Ek wat alles laat gebeur het.” Hulle het geluister na die boodskap van die Here en hulle het teruggegaan, hulle het nie vir Jerobeam gaan aanval nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ‘Hier is die Here se boodskap vir julle: Moenie teen julle familie gaan veg nie. Gaan huis toe, want wat gebeur het, het Ek laat gebeur.’” Hulle het na die Here se opdrag geluister en nie teen Jerobeam gaan oorlog maak nie.