2 Chronicles 11:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het verstandig gehandel en van al sy kinders versprei in al die lande van Juda en Benjamin, na elke omheinde stad; en hy het hulle voedsel in oorvloed gegee. En hy het baie vroue verlang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Rehabeam was wys genoeg om die ander seuns in versterkte stede, verspreid in verskillende streke in Juda en Benjamin, te plaas. Hy het hulle met oorvloedige voorrade voorsien en gesorg dat hulle baie vroue kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en 'n menigte vroue vir hulle gevra. |
| Afrikaans 1983 | Verder het Rehabeam die slim beleid gevolg om sy seuns oral in die versterkte stede van Juda en Benjamin te laat woon. Hy het gesorg dat hulle van 'n oorvloed lewensmiddele voorsien is en het deur onderhandeling vir hulle 'n menigte vrouens verkry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was verstandig en het van sy seuns oor al die gebiede van Juda en Benjamin uitgeplaas, in al die stede wat versterk is. Hy het aan hulle kosvoorraad in oorvloed verskaf en 'n menigte vroue vir hulle uitgesoek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rehabeam was slim, hy het party van sy seuns oral in die stede van Juda laat woon, in die stede wat sterk mure gehad het. Hy het vir hulle meer as genoeg kos gegee en hy het vir hulle baie vroue gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was ook wys genoeg om vir sy ander seuns verantwoordelikhede te gee. Hy het hulle in die versterkte stede van Juda en Benjamin geplaas. Daar het hy verseker dat hulle baie kosvoorrade ontvang. Hy het ook gesorg dat hulle baie vroue het om mee te trou. |