2 Chronicles 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die koninkryk van Juda versterk en Rehábeam, die seun van Salomo, drie jaar lank sterk gemaak; drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en Salomo gewandel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het die koninkryk van Juda versterk en hulle het drie jaar lank Rehabeam seun van Salomo ondersteun. Hulle het met erns probeer om die Here te gehoorsaam soos dit gedoen is tydens die bewind van Dawid en Salomo. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het die koninkryk van Juda versterk en Reh beam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel. |
| Afrikaans 1983 | So het hulle die koninkryk van Juda verder versterk en drie jaar by Rehabeam seun van Salomo gestaan. Hulle het dié drie jaar in die spore van Dawid en Salomo gevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die koninkryk van Juda versterk en Rehabeam, seun van Salomo, drie jaar lank ondersteun, omdat hulle vir drie jaar die pad van Dawid en Salomo gevolg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die land Juda sterk laat word en hulle het drie jaar lank vir Rehabeam seun van Salomo gehelp, want hulle het drie jaar lank gelewe soos Dawid en Salomo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het die koninkryk van Juda versterk. Hulle het drie jaar lank vir Rehabeam, Salomo se seun, ondersteun. Hulle het toegewyd probeer om die Here te dien soos hulle dit in die tyd van Dawid en Salomo gedoen het. |