2 Chronicles 11:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná hulle het uit al die stamme van Israel na Jerusalem gekom wat hulle hart daarop gerig het om die HERE, die God van Israel, te soek, om aan die HERE, die God van hulle vaders, te offer.
Afrikaans (NLV) 2011 Van al die stamme van Israel het hulle wat die Here die God van Israel wou dien, die Leviete na Jerusalem toe gevolg. Daar kon hulle offers bring aan die Here die God van hulle voorouers.
Afrikaans 1933/1953 En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om die HERE, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan die HERE, die God van hulle vaders, te offer;
Afrikaans 1983 In navolging van die Leviete het mense wat die Here die God van Israel wou dien, uit al die Israelitiese stamme na Jerusalem toe gekom om daar offerandes te bring aan die Here die God van hulle voorvaders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Leviete is gevolg deur mense uit al die stamme van Israel wat hulle hart daarop gerig het om die Here, die God van Israel, te soek. Hulle het na Jerusalem gekom om vir die Here, die God van hulle voorouers, offers te slag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense uit al die stamme van Israel het saam met die priesters en Leviete na Jerusalem gekom. Hulle het self besluit dat hulle die Here wil dien, en hulle het gekom om te offer vir die Here, die God van hulle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die mense uit die noordelike stamme van Israel wat graag die Here, die God van Israel, wou dien, het die priesters en Leviete Jerusalem toe gevolg. Daar kon hulle aan die Here, die God van hulle voorouers, offers bring.