2 Chronicles 11:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besittings verlaat en na Juda en Jerusalem aangekom, want Jerobeam en sy seuns het hulle verstoot van die uitoefening van die priesteramp vir die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviete het selfs hulle huise en eiendom verlaat en na Juda en Jerusalem verhuis omdat Jerobeam en sy seuns nie toegelaat het dat hulle as priesters die Here dien nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jerobeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die HERE meer kon wees nie.
Afrikaans 1983 Die Leviete moes hulle weivelde en besittings verlaat en na Juda en Jerusalem toe kom omdat Jerobeam en sy opvolgers hulle nie meer toegelaat het om priesters vir die Here te wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die Leviete het hulle meent- en erfgronde agtergelaat en na Juda en Jerusalem gegaan, omdat Jerobeam en sy seuns hulle uit priesterdiens aan die Here uitgesluit het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete het hulle weivelde en hulle grond gelos en hulle het na Juda en Jerusalem gekom, want Jerobeam en sy seuns het gesê hulle mag nie meer priesters van die Here wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviete het selfs hulle grond en besittings verlaat om na Juda en Jerusalem te trek. Dit was omdat Jerobeam en sy seuns hulle nie wou toelaat om priesters vir die Here te wees nie.