2 Chronicles 11:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in elke stad het hy skilde en spiese gesit en dit uitermate sterk gemaak, met Juda en Benjamin aan sy sy.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook skilde en spiese in hierdie stede geplaas om hulle te versterk. Hy het egter net oor Juda en Benjamin geheers.
Afrikaans 1933/1953 en in elkeen van die stede groot skilde en spiese; en hy het hulle uitermate versterk; en Juda en Benjamin het aan hom behoort.
Afrikaans 1983 In elke stad was daar ook skilde en spiese. So het hy die vestings baie goed versterk en beheer gehad oor Juda en Benjamin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) asook grootskilde en steekspiese in elke enkele stad. Hy het hulle tot die uiterste versterk, en Juda en Benjamin het vir hom behoue gebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook skilde en spiese. Rehabeam het die stede baie sterk gemaak. Die land Juda en Benjamin het aan hom behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) asook skilde en spiese om die plekke verder te versterk. So het net Juda en Benjamin onder sy beheer gebly.