2 Chronicles 11:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Rehábeam in Jerusalem aangekom het, het hy uit die huis van Juda en Benjamin honderd en tagtig duisend uitverkore manne versamel, krygsmanne, om teen Israel te veg, om die koningskap na Rehábeam terug te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Rehabeam in Jerusalem aankom, het hy 180 000 uitgesoekte soldate uit Juda en Benjamin opgeroep om teen Israel op te trek en die koningskap vir hom terug te wen.
Afrikaans 1933/1953 En toe Reh beam in Jerusalem kom, het hy die huis van Juda en Benjamin, honderd en tagtig duisend krygshaftige jongmanne, byeen laat kom om teen Israel oorlog te voer, om die koningskap vir Reh beam terug te win.
Afrikaans 1983 Dadelik nadat Rehabeam in Jerusalem terug was, het hy honderd en tagtig duisend uitgesoekte manne uit die stamme Juda en Benjamin opgeroep om teen Israel te veg en die koningskap vir hom terug te wen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Rehabeam in Jerusalem aankom, roep hy die hele huis van Juda en Benjamin byeen – honderd-en-tagtigduisend uitgesoektes wat kan oorlog maak – om teen Israel te veg en die koningskap vir Rehabeam terug te kry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Rehabeam het na Jerusalem gekom en hy het al die manne van die Juda-stam en die Benjamin-stam bymekaargeroep. Hulle was 180 000 soldate wat hy spesiaal gekies het. Rehabeam wou oorlog maak teen die mense van Israel, hy wou probeer om die land vir homself terug te kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Rehabeam in Jerusalem aankom, het hy 180 000 uitgesoekte soldate uit die stamme van Juda en Benjamin opgeroep. Hy wou teen Israel gaan oorlog maak om sy koningskap oor hulle te herstel.