2 Chronicles 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: Watter raad gee julle dat ons hierdie volk wat met my gespreek en gesê het, kan antwoord gee: Verlig die juk wat u vader ons opgelê het?
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat dink julle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die laste wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”
Afrikaans 1933/1953 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?
Afrikaans 1983 “Wat meen júlle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die juk wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir hulle gevra: “Wat raai julle my aan moet ons hierdie volk antwoord wat vir my gesê het, ‘Verlig die juk wat u vader op ons gelê het’?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord? Hulle het vir my gevra dat ek hulle nie so hard moet laat werk soos hulle vir my pa moes werk nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir hulle gevra: “Wat dink julle moet ek die mense antwoord wat vir my gevra het om die las wat my pa hulle opgelê het, ligter te maak?”