2 Chronicles 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het die raad wat die ou manne hom gegee het, verlaat en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgemaak is, wat voor hom gestaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Rehabeam het die raad van die ouer mense verwerp en vir die jong mans wat saam met hom grootgeword het en nou in sy diens was, gevra:
Afrikaans 1933/1953 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.
Afrikaans 1983 Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het egter die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gevra by die jong manne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Rehabeam wou nie luister na wat hulle vir hom gesê het nie. Hy het toe vir die jongmanne gaan vra wat saam met hom grootgeword het en wat sy amptenare was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rehabeam het hulle raad egter verwerp en die saak met die jonger manne wat saam met hom grootgeword het, gaan bespreek.