2 Chronicles 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Rehábeam het raad gehou met die ou manne wat voor sy vader Salomo gestaan het toe hy nog gelewe het, en gesê: Watter raad gee julle my om hierdie volk te antwoord?
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het koning Rehabeam na die ouer manne, raadgewers van sy pa Salomo, gegaan. “Wat is julle raad?” vra hy. “Hoe moet ek hierdie mense antwoord?”
Afrikaans 1933/1953 Daarop hou koning Reh beam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?
Afrikaans 1983 het Rehabeam toe die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens dié se lewe. “Wat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?” het hy gevra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Rehabeam vra toe raad by die oudstes wat in sy vader, koning Salomo, se diens gestaan het toe dié nog geleef het: “Wat raai julle my aan moet die antwoord aan hierdie volk wees?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was amptenare wat vir Salomo gewerk het toe hy gelewe het. Koning Rehabeam het vir hulle gevra wat hy moet doen. Hy het vir hulle gevra: “Wat sê julle? Wat moet ek vir hierdie mense antwoord?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rehabeam het die saak met die ouer raadgewers, wat ook vir sy pa, Salomo, raad gegee het, gaan bespreek. “Wat dink julle?” het hy gevra. “Hoe moet ek op hulle versoek reageer?”