2 Chronicles 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U vader het ons juk swaar gemaak; verlig dan nou die swaar diens van u vader en sy swaar juk wat hy op ons opgelê het, en ons sal u dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “U pa het ons ’n swaar las laat dra. Verminder tog die arbeidslas wat u pa op ons gelê het. Dan sal ons u getroue onderdane bly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien. |
| Afrikaans 1983 | “U vader het ons 'n swaar juk laat dra. As u die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “U vader het ons juk hard gemaak. Maak nou die harde slawewerk van u vader en die swaar juk wat hy op ons gelê het, ligter, dan sal ons u dien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gesê: “Jou pa het ons baie hard laat werk. Jy moet ons nie so hard laat werk nie, dan sal ons vir jou werk.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jou pa het ons baie swaar laat kry,” het hulle vir Rehabeam gesê. “As jy die dwangarbeid wat hy ons laat doen en die belastingplig verlig, sal ons lojaal bly en jou as ons koning aanvaar.” |