2 Chronicles 10:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Jeróbeam, die seun van Nebat, wat in Egipte was, waarheen hy gevlug het van die aangesig van koning Salomo, dit hoor, het Jeróbeam uit Egipte teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jerobeam, seun van Nebat, van Salomo se dood hoor, het hy uit Egipte teruggekeer. Hy het daarheen gevlug omdat hy bang was vir koning Salomo. |
| Afrikaans 1933/1953 | En net toe Jerobeam, die seun van Nebat, dit hoor -- hy was in Egipte waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het -- het Jerobeam uit Egipte teruggekom. |
| Afrikaans 1983 | Jerobeam seun van Nebat was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo gevlug het, en toe hy die berig kry, het hy uit Egipte teruggekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jerobeam, seun van Nebat, dit hoor – hy was nog steeds in Egipte, waarheen hy van koning Salomo af weggevlug het – het hy uit Egipte teruggekeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jerobeam seun van Nebat het dit gehoor. Hy was nog in die land Egipte, want hy het daarnatoe gevlug omdat hy bang was vir koning Salomo. Hy het daar gaan woon, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jerobeam, Nebat se seun, hoor dat Salomo dood is, het hy van Egipte af na Israel toe teruggekom. Hy was in Egipte omdat hy vir Salomo gevlug het. |