2 Chronicles 10:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe stuur koning Rehabeam vir Hadoram wat oor die belasting was; en die kinders van Israel het hom met klippe gestenig, sodat hy gesterf het. Maar koning Rehábeam het vinnig gehardloop om hom op sy strydwa te kry, om na Jerusalem te vlug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Rehabeam stuur toe vir Hadoram, wat in bevel van die dwangarbeiders was, om orde te bring. Maar die Israeliete het hom gestenig. Koning Rehabeam kon net betyds in sy strydwa kom en Jerusalem toe vlug. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe stuur koning Reh beam Hadoram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Reh beam het hom geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug. |
| Afrikaans 1983 | Koning Rehabeam het vir Adoniram, wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Rehabeam het Hadoram, wat in bevel van die dwangarbeid was, gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe gegooi en hy het gesterf. Koning Rehabeam het daarin geslaag om op sy strydwa te klim om na Jerusalem te vlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Koning Rehabeam het vir Adoram gestuur na die mense van Israel toe, maar hulle almal het vir Adoram met klippe doodgegooi. Koning Rehabeam moes vinnig op sy oorlogkar klim en na Jerusalem vlug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Rehabeam het daarna vir Hadoram, sy bevelvoerder oor die dwangarbeid, gestuur om die orde te herstel. Die Israeliete het hom aangeval en met klippe doodgegooi. Toe dié nuus koning Rehabeam bereik, het hy blitsvinnig op sy strydwa gespring en Jerusalem toe gevlug. |