2 Chronicles 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle wou luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter deel het ons aan Dawid? en ons het geen erfdeel in die seun van Isai nie: elkeen na jou tente, o Israel! En nou, Dawid, sorg vir jou huis. Toe het die hele Israel na hulle tente gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die hele Israel besef dat die koning hulle versoek verwerp het, het hulle vir hom geskree: “Weg met Dawid en sy koningshuis! In die seun van Isai het ons geen aandeel nie! Gaan terug na julle wonings toe, Israel! Sorg nou vir julleself, huis van Dawid!” Die hele Israel het toe teruggegaan na hulle huise toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Elkeen na sy tente toe, Israel! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele Israel na sy tente gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê: “Dawid is nie deel van ons nie; ons het niks aan Isai se seun nie! Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!” Die hele Israel is toe terug na sy eie woongebied toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord: “Watter aanspraak het ons op Dawid? Ons het geen erfdeel in die seun van Isai nie; elkeen na sy tente toe, Israel! Sien nou om na jou eie huis, Dawid!” Die hele Israel het toe na hulle tente gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die koning nie na hulle luister nie, het al die mense van Israel vir die koning gesê: “Ons is nie Dawid se familie nie, die seun van Isai was nie een van ons nie. Mense van Israel, gaan terug na julle tente! Dawid, nou moet jy jou eie huis oppas.” Die mense van Israel het teruggegaan na hulle tente. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die hele Israel besef dat die koning hulle versoek verwerp het, het hulle hom toegesnou: “Dawid is niks van ons nie! Ons het geen saak met Isai se seun nie! Laat ons almal teruggaan huis toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!” Hulle is toe almal terug huis toe. |