2 Chronicles 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die koning nie na die volk geluister nie, want die saak was van God, dat die HERE sy woord kon uitvoer wat Hy deur die hand van Ahía, die Siloniet, aan Jeróbeam, die seun van Nebat, gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het nie geluister na die mense se eise nie. Hierdie verandering was die wil van God, want dit was ’n vervulling van die Here se profesie aan Jerobeam, seun van Nebat, deur die profeet Agija van Silo.
Afrikaans 1933/1953 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van God, sodat die HERE sy woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens van Ah¡a, die Siloniet, tot Jerobeam, die seun van Nebat.
Afrikaans 1983 Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was 'n beskikking van die Here God, sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het nie na die volk geluister nie – want dit was 'n beskikking van God, sodat die Here sy belofte wat Hy by monde van Agija, die man uit Silo, aan Jerobeam, seun van Nebat, gemaak het, gestand kon doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het nie geluister na die volk nie, want die Here het dit so laat gebeur. Die Here wou doen wat Hy vir Jerobeam seun van Nebat gesê het toe Hy vir Agija van Silo gestuur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het glad nie geluister na die mense se versoek nie. Dit was soos God beplan het. So het die profesie van die Here waar geword wat die profeet Agija van Silo teenoor Jerobeam uitgespreek het.