2 Chronicles 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hulle geantwoord volgens die raad van die jongmanne en gesê: My vader het julle juk swaar gemaak, maar ek sal daarby byvoeg: my vader het julle met swepe getugtig, maar ek sal julle met skerpioene tugtig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en die raad van die jong mans aanvaar. Hy het vir die mense gesê: “My pa het ’n swaar las op julle gelê, maar ek gaan die las nog swaarder maak! My pa het julle met swepe geslaan, maar ek sal skerpioene gebruik!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak --,k sal daar nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig --,k sal julle met g,sels tugtig. |
| Afrikaans 1983 | en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne: “Ek gaan 'n swaar juk op julle lê, ek gaan dit nog swaarder maak. My pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle met gesels slaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In ooreenstemming met die raad van die jong manne, het hy hulle aangespreek: “My vader het julle juk swaar gemaak, maar ek gaan dit nog erger maak. My vader het julle met swepe gekasty, maar ek met skerpioene.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gedoen wat die jongmanne vir hom gesê het. Rehabeam het gesê: “My pa het julle hard laat werk, maar ek sal julle nog harder laat werk. Hy het julle regeer met gewone swepe, ek sal julle regeer met swepe wat soos skerpioene byt.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en na die jongmanne geluister het. Hy het gesê: “My pa was kwaai met julle, ek sal nog kwaaier wees; hy het ’n sweep gebruik, ek sal julle met gésels slaan!” |