2 Chronicles 10:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Jeróbeam en die hele volk op die derde dag na Rehábeam gekom, soos die koning beveel het en gesê het: Kom terug na my toe op die derde dag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos die koning gevra het, het die hele volk en Jerobeam drie dae later teruggekom om te hoor wat Rehabeam se besluit was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Jerobeam en die hele volk dan op die derde dag by Reh beam kom soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag -- |
| Afrikaans 1983 | Toe Jerobeam en die hele volk die derde dag by koning Rehabeam kom volgens sy opdrag “Kom oor drie dae na my toe terug”, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jerobeam en die hele volk het toe op die derde dag na Rehabeam toe gekom, soos die koning met hulle afgespreek het deur te sê: “Kom terug na my op die derde dag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Rehabeam het voorheen vir die mense gesê hulle moet ná drie dae terugkom. Jerobeam en die hele volk het toe op die derde dag teruggekom na Rehabeam toe, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Drie dae later het Jerobeam en al die ander mense teruggekom soos Rehabeam versoek het. Hulle wou graag hoor wat die koning besluit het. |