1 Timothy 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy is trots, hy weet niks, maar hy is mal oor vrae en twis van woorde, waarvan afguns, twis, lasteringe, slegte vermoedens kom,
Afrikaans (NLV) 2011 Enigiemand wat enigiets anders leer, is nie net verwaand nie, maar ook dom. Só ’n mens het ’n ongesonde begeerte om oor die betekenis van woorde te kibbel. Dit veroorsaak argumente wat eindig in jaloesie, stryd, beledigings en bose agterdog.
Afrikaans 1933/1953 die is verwaand en verstaan niks nie, maar het 'n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,
Afrikaans 1983 is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) is hy verwaand en sonder begrip, en het hy eerder 'n sieklike aptyt vir meningsverskille en stryery oor woorde. Dit lei tot afguns, rusie, lastering, bose suspisies,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat vir die gelowiges ander dinge wil leer, is hoogmoedig, maar hulle weet niks. Hulle is soos mense wie se gees siek is. Hulle wil altyd met ander mense twis en oor woorde stry. Dan word mense jaloers, hulle stry met mekaar, hulle sê slegte dinge van ander mense en hulle dink slegte dinge van ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy self dink natuurlik hy weet baie, maar eintlik weet hy niks. Hy sal gewoonlik oor alles wil stry en ’n yslike argument begin oor wat ’n spesifieke woord nou juis beteken. Hierdie ongesonde houding van hom sal maak dat mense later vies raak vir mekaar. Hulle sal jaloers op mekaar word, lelike dinge van mekaar sê en mekaar so verdag maak.