1 Timothy 6:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en lê vir hulle 'n goeie fondament bymekaar vir die tyd wat kom, sodat hulle die ewige lewe kan gryp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Deur dit te doen, sal hulle vir hulle ’n skat opbou — ’n goeie fondament vir die toekoms sodat hulle die egte lewe kan ontvang. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir hulle 'n skat weglê, 'n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf. |
| Afrikaans 1983 | So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om sodoende vir hulleself 'n skat op te bou as goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe kan verkry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer hulle dit doen, dan maak hulle vir hulle goed bymekaar wat later soos 'n vaste fondament sal wees. Hulle moet dit alles doen sodat hulle die ware lewe kan kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sal hulle soveel goeie dinge doen dat hulle in die oë van God en die mense baie ryk sal wees, nie omdat hulle baie geld het nie, maar omdat hulle soveel goeie dinge gedoen het. So belê hulle eintlik in die bank van God. Dit is die beste belegging waaraan ’n mens kan dink, veral vir die toekoms. So sal die ryk gelowige ook die ware lewe by God hê. |