1 Timothy 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want geldgierigheid is die wortel van alle kwaad; terwyl sommige daarna begeer het, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. |
| Afrikaans 1983 | Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want geldgierigheid is die wortel van alle kwaad. Die hunkering na rykdom het sommige mense laat afdwaal van die geloof, en hulle het hulleself met baie smarte deurboor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer mense lief is vir geld, dan doen hulle baie slegte dinge. Mense wat graag baie geld wou hê, het opgehou om in Christus te glo. So het hulle hulleself baie swaar laat kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om agter geld aan te hardloop laat jou in die kloue van allerhande slegte dinge inhardloop. Daar is party mense wat eers aan die kerk behoort het, maar toe so agter geld begin aanloop het dat hulle vandag nie eens meer ’n lid van die kerk is nie. Ons weet hoe sleg dit nou met hulle gaan. Hulle het die een probleem op die ander. |