1 Timothy 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat soveel diensknegte wat onder die juk is, hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en sy leer nie gelaster word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gelowiges wat slawe is, moet aan hulle eienaars volle respek betoon sodat die Naam van God en sy leringe nie beskaam word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Almal wat diensknegte is onder 'n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie. |
| Afrikaans 1983 | Gelowiges wat as slawe onder 'n juk staan, moet hulle eienaars met alle eerbied bejeën, sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie onder die slawejuk gebuk gaan, moet met alle respek teenoor hulle eienaars optree, sodat die Naam van God en die leer nie belaster word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat slawe is en wat 'n juk moet dra, moet hulle eienaars respekteer. Die slawe moet dit doen sodat ander mense nie sleg praat van die Naam van God en van die dinge wat ons vir die mense geleer het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Christene wat slawe is, moet hulle baas met respek behandel. Hulle moenie enigiemand rede gee om iets slegs te sê van God of van al die dinge wat ons oor Christus leer nie. |