1 Timothy 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as iemand nie vir sy eie sorg nie, en veral vir dié van sy huis, het hy die geloof verloën en is erger as 'n ongelowige.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat nie hulle eie familie versorg nie, veral dié wat in dieselfde huishouding woon, verloën wat ons glo. Sulke mense is slegter as ongelowiges.
Afrikaans 1933/1953 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.
Afrikaans 1983 As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as 'n ongelowige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as iemand nie na sy eie mense omsien nie, en veral nie na sy huisgenote nie, het hy die geloof verloën, en is hy slegter as 'n ongelowige.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wanneer iemand nie vir sy eie mense sorg nie, ook nie vir sy eie huisgesin nie, dan is hy nie meer 'n gelowige nie, dan is hy slegter as die mense wat nie in Christus glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand nie meer na sy eie mense wil omsien nie en veral nie meer vir sy gesin wil sorg nie, moet hy nie sê dat hy in die Here glo nie. Hy tree slegter op as iemand wat sommer reguit sê dat hy nie in die Here glo nie.