1 Timothy 5:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Net so is ook die goeie werke van sommige vooraf openbaar; en die wat anders is, kan nie weggesteek word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net só weet almal hoeveel goed sommige mense doen; ander weer se goeie dade is minder sigbaar, maar hulle kan nie verborge bly nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie. |
| Afrikaans 1983 | So is dit ook met goeie dade: almal kan dit sien. En dié wat nie sigbaar is nie, kan nie verborge gehou word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net so is goeie werke baie duidelik sigbaar, en wanneer dit nie die geval is nie, kan dit nie vir lank verborge bly nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So kan 'n mens ook baie maklik sien dat party mense goeie dinge doen. En as 'n mens dit nie nou kan sien nie, dan sal jy dit later sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dieselfde geld vir die goeie dinge wat ’n mens doen. Almal kan dit sien en weet daarvan. Maar selfs al weet mense nie dadelik daarvan nie, sal hulle wel die een of ander tyd agterkom wat gedoen is. |